Iets oor die Le Roux-Families in Suid-Afrika met vergunning van Dr. Willem G. le Roux
Die Aanloop
Op 3 April 1688 bereik die driemas-skippie, Voorschooten, Saldanhabaai en gooi die bemanning dankbaar anker in die beskutte hawe aldaar. Alhoewel die reis vannuit Deltshaven (Rotterdam) reeds op 31 Desember 1687 begin het en die vaart dus byna drie en 'n halwe maand geduur het