BOTES
Betekenis: Seun van Bote ('n Friese mansnaam).
Stamvader: Wietse Botes, van Enkhuizen, Nederland.
Kom in 1744 hier aan, met sy vrou Anna Pieterse.
Hy is in 1736 aangeneem en keer terug in 1739 met attestaat van Batavia, waarheen hy blykbaar as sieketrooster gegaan het.
Wietse Botes kom op die De Ruyter uit Batavia na die Kaap.
Anthonie Botes, Wietse se seun (hy het ook 'n dogter gehad) wat ook in 1744 uit Enkhuizen aangekom het, is op 26.3.1766 getroud met Engela Eramsus.