Hallo Almal
Wil net noem dat daar nou ook 'n "South African Progenitor" projek gekep is deur June en Sharon en SV/PROG se profiele en collaborartors is daarnatoe ook oorgedra. Ek het genoem ek dink dit sal verwarring skep en ek weet nie of 'n komplimenterende projek sin maak in plaas van kompeterende een nie, maar daar is geen behoorlike kommunikasie aan my oor wat hulle beplan en hoekom nie.Ek is seker dit sal weldrae duidelik work.
Wat ek verstaan is dat dit 'n oorkoepelende projek mag wees en dat Stamouers nou sub projek is maar dit blyk nie heeltemal so te werk nie. Stamouers was nog altyd bedoel vir my eie mense en hulle het gevoel dit is nie verteenwoordigend nie. Die eerste plan was om Stamouers te verander, maar ek was nie gelukkig daarmee sonder konsultasie nie. Sulke konsultasie het nog steeds nie plaasgevind nie. So drama drama gaan ons aan. ;-)
Ek weet nog nie hoe hulle dink dit gaan werk nie, maar ek het vir Geni gevra om ons toe te laat om SV/PROG te behou as manier om ons Stamvaders te onderslkei. In elk geval sal ek voortgaan met Stamouers as genealogiese beginpunt vir ons boom op Geni saam met enigeeen wat wil saamspeel en saamboer. Mau